Wat is de opties?
In die chirurgiese benadering tot die beskadigde bekken is daar ´n paar grond reels wat nagekom moet word: die belangrikste hiervan is sekerlik dat daar geen skade nagelaat moet word nie- die sogenaamde " do no harm" effek. In die tot nou toe toegepaste tegnieke is hierdie grondreel nie nagekom nie.
Nuwe tipe anatomiese strukture is geskep op gebiede waar daar nie anatomiese strukture was of hoort nie, weefsel is weggesny in die dringende drang om die " buldge" (wat teenwoordig is met uitsakking)weg te kry,en trekkrag rigtings is geskep om organe op te hang aan die werwelkolom, weereens nie volgens die anatomies vasgestelde riglyne nie. Onoordeelkundige gebruik van buiteliggaamlike materiale word gebruik wat op sy beurt potensiale gevare skep.
Dit als het, veral in die gevalle waarin die chirurgiese herstel gefaal het, gelei tot skade wat soms onomkeerbaar is.
As die volgende basiese reels gevolg word in die rekonstruktiewe chirurgiese herstel van bekken orgaan prolaps behoort dit nie te gebeur nie:
1. Streef die herstel van die anatomiese afwyking na met ´n soliede kennis van die basiese anatomiese voorkoms van die onderlinge organe se verhouding tot mekaar in die bekken, ´n soliede kennis van die patogenetiese agtergrond waarom die versakking gebeur het en die gebruik van basiese chirurgiese disseksie tegnieke soos in die algemene beginsels vervat in hernia herstel.
2. Vermy die tegnieke waardaar mutulasie van die bekkenorgane in plaasvind, en veral diegene waardaar weefsel verwyder word.
3. Moet nie weefsel onder spanning plaas as die herniasie herstel word nie.
4. Gebruik invoeging van weefsel oordeelkundig, met iduvudualisering gegrond op die tipe defek, die ouderdom van die pasient en die gebied in die bekken waar die weefsel geplaas moet word.
Met dit as agtergrond is die opsies vir chirurgiese herstel die volgende:
A. Defekspesifieke herstel met slegs herstel van die skade veroorsaak aan die weefsel: " Site Specifiek" diseksie en herstel daar waar die skade is.
B. Xenograaf ( van dierlike oorsprong biomateriaal) invoeging om veram spanning op die natuurlike weefsel te verhoed.
C. Gebruikmaak van sintetiese meshes om die spanning te oorbrug in defektiewe weefsel lae.
Soos wat mens van A na C beweeg verbeter die teoretiese sukses van die herstel, maar vergroot die teoretiese gevaar van die prosedure ( verminder die do no harm effek). Met die nodige induvudualisering gerond op bovermelde riglyne behoort die regte pasient die korrekte prosedure te kry: Met die nodige konservatiewe tegniek in gebruik sal, indien die operasie faal om die nodige resultaat te gee, minimale skade aan die weefsel wees sodat die volgende stap wel moontlik is!